Musk-betogers in boeie in New York
Nege mense is Saterdag tydens ‘n hitsige betoging teen Elon Musk buite ‘n Tesla-handelaar in New York gearresteer. Die betoging, wat volgens die polisie honderde mense gelok het, was een van ‘n golf van “Tesla Takedown”-aksies wat regoor die land gehou is. Betogers was in opstand oor die Trump-administrasie se sogenaamde departement van regeringsdoeltreffendheid, of DOGE, wat deur Musk bestuur word.