Krieket: Nieu-Seeland reg vir Indië

Die veelsydige Nieu-Seelander Michael Bracewell sê sy span se puik rekord teen Indië in toernooie van die Internasionale Krieketraad gee hulle vertroue vir hulle laaste groepswedstryd in die Kampioenebeker. Die eerste twee spanne wat die halfeindronde gehaal het, pak mekaar vandag in Doebai. Albei is onoorwonne en die wenner sal bo aan Groep A eindig. Dit volg nadat Nieu-Seeland in Oktober en November verlede jaar verras het met ‘n toetsreeks-oorwinning van 3-0 in Indië. Suid-Afrika is reeds deur na die halfeindronde nadat hy Engeland gister gemaklik met sewe paaltjies geklop het.