Plattelander? Boer? Neem deel aan NLU se internet-peiling
Toegang tot internet op die platteland en by boerderye is die afgelope tyd in die nuus veral met Starlink wat aansoek gedoen het vir ‘n plaaslike lisensie. Nou het die Namibiese Landbou-unie, tesame met ander landbou-unies, Cran genader oor die uitdagings en is genooi vir ‘n gesprek op 13 Maart. Inligting word nou versamel om verdere agtergrond te kan verskaf tydens die vergadering. Derhalwe is ’n aanlynpeiling geskep en plattelanders word uitgenooi om daaraan deel te neem. Hoe meer produsente terugvoer oor hul telekommunikasieprobleme kan verskaf, hoe beter. Dit is anoniem en die skakel is beskikbaar op Kosmos 94.1 se Facebook-blad.