Keniaanse polisie kry sakeman se lyk in sak pynappels
Die Keniaanse polisie is vol vertroue dat hulle die moordenaars van ‘n Skotse sakeman sal vastrek nadat sy liggaam in ‘n sak pynappels gevind is. Campbell Scott is laas op 16 Februarie gesien toe hy ‘n konferensie in ‘n hotel in Nairobi bygewoon het. Sy liggaam is enkele dae later in ‘n woud suidoos van die stad ontdek. Sy hande was agter sy rug vasgebind en daar was tekens van marteling. Twee mense is reeds in hegtenis geneem terwyl die ondersoek voortduur.