Google se SA-vergoeding: Namibië het nie sulke wette nie
Google is ‘n vergoedingsboete van tussen 300 000 en 500 000 Suid-Afrikaanse rand per jaar deur die buurland se Mededingingskommissie opgelê. Dit volg op marknavorsing wat toon dat Google die media-advertensiemark oorheers, onder andere deur algoritmes wat hom bevoordeel. Namibiese wetgewing laat egter nie sulke boetes toe nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dina Gowases, die korporatiewe kommunikasie praktisyn van die Namibiese Mededingingskommissie.