Brockerhoff-verhoor begin
Die vermeende reeksstroper Derick Brockerhoff en sy mede-beskuldigde Markus Rooinasie kom weer vanoggend in die Windhoek-landdroshof voor. Die twee is op 11 April verlede jaar met ‘n koedoe en gemsbok karkas oos van Windhoek gevang. Brockerhof is borg geweier na die boeregemeenskap ‘n magdom vorige en huidige stropery-sake na vore gebring het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hennie Brisley van die Windhoek Streekslandbou-unie wat meer inligting gee.