Verslag na uitdagings met mens-dier-konflik bekend
Die verslag van die parlementêre staande komitee op natuurlike hulpbronne het in Mei verlede jaar ondersoek ingestel na mens-dier-konflik na ‘n mosie in April 2023 deur LP Esther Muinjangue ter tafel gelê is. Die komitee het verskeie uitdagings uitgelig waaronder opvoeding oor die kwessie en die rapportering daarvan, gereelde wildtellings en die oes van ouer diere om getalle onder beheer te bring sowel as die desentralisering van betalings in gevalle van konflik. Geraakte gemeenskappe kla oor die uitgerekte proses wat betrokke is om die konflik te bewys, en dan te wag vir betaling.