Springbokke se stadions vir tuistoetse bevestig

Rugby: Die Springbokke gaan op 12 Julie die eerste keer sedert 2021 na die Oos-Kaap terugkeer wanneer hulle Italië op die Nelson Mandelabaai-stadion pak. Die wêreldkampioen skop hulle seisoen ‘n week tevore teen Italië af in Pretoria, en speel op 19 Julie in Mbombela teen Georgië. Die Bokke en Australië speel op 16 Augustus op Ellispark in Johannesburg in die Rugbykampioenskap, en ‘n week later in Kaapstad. Suid-Afrika en Argentinië gaan op 23 September in Durban kragte meet.