Min diaspora, laagste oorbetalings op vasteland
Namibië het 747 miljoen Namibiese dollar in diaspora-oorbetalings in 2023 aangeteken, wat dit onder die vasteland se laagste ontvangers maak, volgensdie Wêreldbank se Migrasie en Ontwikkelingsverslag. Volgens die bank is daar verskeie uitdagings wat bydra tot Namibië se relatief lae oorbetalingsinvloei. Dit sluit transaksiekoste, beperkte toegang tot formele finansiële dienste, en regulatoriese struikelblokke ontmoedig dikwels migrante om geld huis toe te stuur. Verder, die Namibiese diaspora is kleiner in vergelyking met ander Afrika-nasies. Die grootste ontvangers van oorbetalings in die streek, gemeet in Amerikaanse dollarterme, sluit Nigerië, Ghana, Kenia, en Zimbabwe in. Die bank sê oorbetalingskanale moet versterk word.