SA inflasie styg tot 3,2% in Januarie

Verbruikersinflasie het in Januarie tot 3,2-persent gestyg nadat die mandjie goedere aangepas is. Die data van Statistieke SA toon vleispryse het die derde agtereenvolgende maand gedaal en die prys van graanprodukte het teen ‘n jaarkoers van 3,8-persent gestyg. Statistieke SA se hoofdirekteur van Prysstatistiek, Patrick Kelly, sê die pryse van sommige stapelvoedsels het verder gestyg.