Regter beveel siviele eis teen Jandre gaan voort in Maart
Regter Shafimana Ueitele het opdrag gegee dat die siviele dagvaardiging deur Antonia Joschko teen Jandre Dippenaar op 5 Maart sal voortgaan, soos neergelê. Hulle sal vlugtig op 28 Februarie weer voorkom ter voorbereiding. Dit kom na die noodlottige ongeluk in Desember 2014. Joschko dagvaar vir skadevergoeding van 500 000 Namibiese dollar en amper 715 000 euro. Dippenaar is reeds op 6 Desember verlede jaar gesekwestreer na ‘n aansoek deur PZN Panelbeaters, en sy regsverdediging van PD Theron and Associates onttrek het van die siviele geding. Ilse Agenbach, ‘n konsultant vir die firma was in die hof met Dinsdag se verskyning. Dit is onbekend wat op 5 Maart sal gebeur veral omdat die saak lank sloer met Dippenaar wat gesukkel het om regsverteenwoordiging te bekom en te behou.