Oshakati skryf dooies se skuld af, 147 rekenings, N$5m

Die Oshakati-dorpsraad het 5 miljoen Namibiese dollar se skuld afgeskryf. Die raad sê net skuld van oorlede inwoners, op 147 huishoudelike rekenings, is afgeskryf. Daar is vrae oor die reuse-bedrag vir 147 huise maar woordvoerder Katrina Kamari sê dit is net van toepassing op dienste gelewer. Sy voeg by die stap sal naasbestaandes toelaat om dienste weer te koppel en of die eiendom te benut of te verkoop. Indien daar verdere rekenings is wat so afgeskryf kan word, herinner sy inwoners dat hulle aansoek kan doen en dat die skuld 20 jaar of langer uitstaande moet wees.