Militêre sending vir DRK word oorweeg

Oos- en Suider-Afrikaanse lande ondersoek die moontlikheid om troepe te ontplooi om gebiede van die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo wat nou onder M23-rebellebeheer is te beveilig, volgens ‘n dokument wat Reuters gesien het. Die Oos-Afrika gemeenskap en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingegemeenskap het voorheen vir ‘n wapenstilstand in die mineraalryke streek gevra. Die dokument het aanbevelings aan verdedigingshoofde uiteengesit ná ‘n vergadering van tegniese kundiges in Tanzanië op 23 Februarie. Die verdedigingshoofde sal na verwagting ‘n verslag opstel wat die komende naweek bespreek sal word. Volgens die dokument oorweeg die blokke om ‘n mandaat te soek, tesame met ongespesifiseerde magte van die Afrika-unie, om M23-beheerde gebiede in die Noord- en Suid-Kivu provinsies te beveilig.