Brittanje verleng beleid vir buitelandse plaaswerkers

Die Britse regering het aangekondig ‘n beleid wat die gebruik van buitelandse seisoenwerkers op plase toelaat, word vir nog vyf jaar verleng. Dit word gedoen om bande met boere te herstel. Die Departement van die Omgewing, Voedsel en Landelike Sake sê die stap sal plase genoeg werkers en sekerheid gee om hulle ondernemings uit te bou. Boere is tans gewikkel in ‘n geskil met die regering oor planne om plase se uitsluiting van boedelbelasting te staak.