Nuwe neiging om in voertuie by inkopiesentrums in te breek

Die Namibiese Polisie waarsku die publiek om waaksaam te bly teen misdadigers, veral by winkelsentrums. Inspekteur Silas Shipandeni spoor mense aan om bewus te wees van rooi vlae en verdagte gedrag om te voorkom dat hulle slagoffers word. Dit volg op ‘n voorval in Wernhil Mall, waar drie verdagtes op video vasgevang is waar hulle by ‘n geparkeerde voertuig probeer inbreek. Alhoewel die motor beskadig is, kon hulle niks steel nie. Die publiek word aangeraai om hul voertuie te beveilig, om nie waardevolle artikels oop en bloot te laat rondlê nie en versigtig te wees by kitsbanke. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol Inspekteur Silas Shipandeni gesels.