Nadraai van R44-ramp op Swakopmund draai weer in hof
Die saak waar Golden Game van Mariental Antje Nauhaus en Namibia Base Aviation vir net meer as 6,7 miljoen Namibiese dollar dagvaar na die noodlottige ongeluk in Julie 2023 op Swakopmund is weer voor regter Eileen Rakow. Golden Game se Robinson 44 helikopter het neergestort tydens ‘n toetsvlug. In sy stukke sê die wildhandelaar ‘n ooreenkoms is in Maart 2022 met Namibia Base Aviation onderteken vir ‘n 12-jaar inspeksie en sertifisering van die helikopter. Voor die noodlottige toetsvlug was daar ‘n permit daarvoor sowel as ‘n registrasie-sertifikaat van die helikopter as roepsein V5-HGG. Golden Game voer aan die twee dokumente is deur Nauhaus vervals en dat hy onbewus was daarvan. In die alternatief sê Golden Game die onderhoud aan die helikopter is nie korrek gedoen nie. In ieder geval, die tuig het neergestort en die skade beloop 6,7 miljoen dollar. Namibia Base Aviation en Nauhaus verdedig maar Nauhaus voer aan die dagvaardiging op haar het verval nadat sy dit nie ontvang het nie en vra vandag die hof se leiding in die verband.