Motsoaledi wil nog 1,1 miljoen MIV+ mense bereik
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, stel vandag ʼn nuwe MIV-behandelingsveldtog by die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal se gemeenskapsaal in Soweto, Gauteng, bekend. Die veldtog se doel is om nog 1,1 miljoen mense wat met MIV lewe maar nie behandel word nie, teen einde Desember op antiretrovirale medisyne te plaas. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê Suid-Afrika het 7,8 miljoen mense wat met MIV/vigs lewe en minstens 5,9 miljoen ontvang antiretrovirale behandeling: