Biden, Blinken en Austin moet aangekla word van oorlogsmidade
ʼn Organisasie sonder winsbejag in Amerika, Democracy for the Arab World Now, vra die Internasionale Strafhof om oudpresident Joe Biden te ondersoek vir oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in Gaza. Die groep wil ook hê die hof moet vasstel of die voormalige minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, en gewese minister van Verdediging, Lloyd Austin, Israel bygestaan het om na bewering oorlogsmisdade te pleeg. Die organisasie se uitvoerende direkteur, Sarah Leah Whitson, sê die amptenare het artikels van die Statuut van Rome en die Strafhof se stigtingsmanifes oortree deur Israel te ondersteun: