Pepfar, ander VSA-befondsde nooddienste veilig

Die Amerikaanse ambassade in Windhoek het kommer oor president Donald Trump se besluit om buitelandse hulp te besnoei aangespreek, en verduidelik dat dit nie daarop gemik is om hulp ten volle te beëindig nie. Die Amerikaanse regering doen wêreldwyd ‘n deeglike hersiening van 90 dae en oudit van buitelandse hulpprogramme om te verseker dat hulle in lyn is met die Amerikaanse nasionale belange en bydra tot ‘n sterker, veiliger en meer welvarende Amerika. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die ambassade se skakelbeampte, Tiffany Miller, sê daar is kwytskelding vir nooddienste soos die Pepfar-inisiatief.