Minagting van Swapo-grondwet knou party: Ekandjo
Swapo-veteraan Jerry Ekandjo het in ‘n onderhoud met Namibian Sun gesê die volgehoue minagting van die party se grondwet strek terug na 2015 toe voormalige president Hifikepunye Pohamba die mag aan Hage Geingob, toe sy adjunk, oorhandig het sonder om by die voorgeskrewe protokol te hou. Ná die dood van Geingob het partylede op ‘n kongres aangedring, maar Netumbo Nandi-Ndaitwah is eenvoudig as presidensiële kandidaat aangewys. Tydens die buitengewone kongres wat van 7 tot 9 Maart gehou word, sal ‘n visepresident ook nie verkies word nie. Volgens Ekandjo het die minagting van Swapo se grondwet bygedra tot die party se swak vertoning in die afgelope verkiesings.