ECB moenie elektriese voertuie oor-reguleer nie

Reaksie word ontvang op die nuus dat die Elektrisiteitsbeheerraad ‘n regulatoriese raamwerk goedgekeur het vir die installering en bedryf van infrastruktuur om elektriese voertuie in Namibië te herlaai. Volgens die uitvoerende hoof van dié raad, Robert Kahimise, sal die raamwerk in die begin van April vanjaar in fases geïmplementeer word. Die stigter van Electric Vehicles Namibia, Conrad Roedern, sê oormatige regulering sal die sektor skade doen.