Almal wag nog vir afbakening, NNN stel al visier op verkiesings
Verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n beroep op Swapo se sentrale komitee gedoen om aggressief voor te berei vir vanjaar se plaaslike owerheid-verkiesings. Sy het gesê die komende verkiesing sal bepaal wie op die voorpunt van dienslewering aan gemeenskappe sal wees. Die kabinet moet egter nog besluit of hulle die nuwe afbakening voorstelle sal aanvaar, wat van kritieke belang is om te beplan vir die plaaslike owerheid-verkiesings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, die woordvoerder van die Namibië Verkiesingskommissie, wat sê hulle wag ook nog.