DA soek ondersoek na hospitaal

Die DA in Gauteng vra ‘n ondersoek oor moontlike politieke bande met die vermorsing van 500 miljoen rand vir die opknapping van die Anglo Ashanti-hospitaal. Die Spesiale Tribunaal het die huurooreenkoms tersyde gestel en dit ongrondwetlik en onregmatig verklaar. Die Spesiale Ondersoekeenheid is besig om 93 miljoen rand wat aan ondernemings betaal is, terug te kry. Die DA-lid Jack Bloom eis strafregtelike klagte: