Chinese in Tasmansee ontwrig vlugte

Vliegtuie wat tussen Australië en Nieu-Seeland vlieg, se roetes is gewysig terwyl China ‘n militêre oefening in nabygeleë waters doen wat lewendige ammunisie kan behels. Die seldsame teenwoordigheid van drie Chinese vlootskepe in die Tasmansee het albei lande die afgelope paar dae op hoë gereedheid geplaas, terwyl Australië dit “ongewoon” noem. Die Australiese lugdiens Qantas het aan die BBC gesê dat hy sy vlugroetes tydelik aangepas het. Ander lugrederye het dit ook gedoen.