Zanzou-verdagte in Yeoville gearresteer

‘n Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die Zanzou-nagklub-aanrandingsaak. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die man is in Yeoville aangekeer nadat die Johannesburgse Metropolisie opgemerk het hy lyk na een van die uitsmyters by die klub in Hatfield, Pretoria, wat hulle op videos op sosiale media gesien het. Agt mense word gesoek vir die misbehandeling, marteling en seksuele aanranding van besoekers aan die nagklub. Muridili sê die Metropolisie het die man voorgekeer.