SA-kleinhandel vertoon nie te sleg in Desember nie

Kleinhandelverkope het volgens Statistieke Suid-Afrika in Desember met 3,1-persent op ‘n jaargrondslag gegroei. Dit is hoofsaaklik aangevuur deur kleinhandelaars in klere, skoeisel en leergoedere, met ‘n toename van 7,8-persent. Algemene handelaars het 2 persent groei bygedra. Juan-Pierre Terblanche van Stats SA sê die vierde kwartaal van 2024 het ook ‘n styging van 5,4-persent getoon vergeleke met dieselfde tydperk in 2023.