Ons kan van volharding leer by Nujoma: Angula
Stigterspresident Sam Nujoma se oorblyfsels het Etunda verlaat en is op pad na Eenhana, waar ‘n streeksgedenkdiens by die Eenhana-sportstadion gehou sal word. Voormalige president Hifikepunye Pohamba sal ‘n huldeblyk lewer, terwyl premier Saara Kuugongelwa-Amadhila die hoof-rouklaer se boodskap sal aanbied. Dit is die tweede dag van die herdenkingstoer deur die streke, met Rundu die volgende stop. Voormalige premier Nahas Angula praat oor hoe mense Nujoma moet onthou.