McKenzie las ondersoek na boks se vermiste miljoene
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het ‘n ondersoek gelas na Boks Suid-Afrika se geldsake na die onthulling dat miljoene rand uit die sport se welwillendheidsfonds geplunder is. Dit is meer as vier dekades gelede gestig om oud-boksers by te staan wat finansieel sukkel. ’n Klein persentasie van plaaslike boksers se prysgeld is sedertdien afgetrek en aan die fonds oorbetaal, wat nou gebruik word om beseerde boksers te help. McKenzie wil hê die ondersoek moet onmiddellik begin en sê die oortreders moet tronk toe gaan.