Staadsienskommissie eer Nujoma
Die Staatsdienskommissie, onder voorsitterskap van kommissaris Salmaan Jacobs, het hulde gebring aan stigterspresident Sam Nujoma. Jacobs beklemtoon die kommissie se toewyding om Nujoma se voorbeeldige leierskap te handhaaf en sy missie voort te sit. Intussen het lede van die Voormalige Plan -vegters Vereniging en die publiek op die Andimba Toivo Ya Toivo-lughawe in Ondangwa vergader, terwyl hulle wag op die koms van Nujoma se oorskot, wat na Etunda geneem sal word.