Gaborone, groot dele van Botswana onder water
Swaar reën oor groot dele van Botswana het vloede veroorsaak en volgens berigte is die hoofstad, Gaborone, geheel en al onder water. Die land se omgewingministerie sê in ‘n verklaring dat tot 50mm reën in 24 uur op plekke geval het, wat veroorsaak dat water na laagliggende gebiede stroom en daar opdam. Volgens die ministerie sal die onophoudelike reën waarskynlik tot aan die einde van volgende week voortduur. Inwoners is gemaan om na hoërliggende dele te ontruim en nie reise aan te pak nie. ‘n Inwoner van Gaborone is aan die woord.