Voertuigverkope dui op toerisme-herlewing 

Simonis Storm het die jongste voertuigstatistieke vrygestel, waarvolgens huurondernemings 23 nuwe voertuie gekoop het, waaronder 17 Toyota Fortuners, vier Toyota Hiluxes en twee Toyota Quantums. Die motorhuurmark het 2,38 persent van die totale voertuigverkope uitgemaak, ‘n styging vanaf nul eenhede in Desember 2024. Dit dui op ‘n herlewing in die toerismesektor, veral in die vraag na self-bestuur toerisme. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging.