Voertuigmark het steeds uitdagings in 2025
Voertuigverkope in Januarie was 1,7 persent meer as in Januarie verlede jaar met 966 eenhede, maar op ‘n maandgrondslag was dit 12,2 persent laer. Simonis Storm sê verkope is geneig om in Januarie laer te wees. Die verhoogde verkope dui egter daarop dat die rentekoers omgewing meer gunstig is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Almandro Jansen, ‘n ekonoom van Simonis Storm, oor die voertuigmark se pad vorentoe.