Trump blameer Zelensky vir oorlog
Daar is internasionaal kommer dat Amerika se president Donald Trump die wêreld se geopolitiek omver kan gooi. Trump sê Oekraïne moes nooit die oorlog teen Rusland begin het nie en beweer president Volodymyr Zelensky kon ʼn ooreenkoms aangegaan het.
Rusland het in Februarie 2022 ʼn inval in Oekraïne begin en beheer tans meer as ʼn vyfde van sy grondgebied, veral in die suide en ooste. Zelensky het sy teleurstelling uitgespreek dat Kiëf Dinsdag uitgesluit is van vredesamesprekings tussen Amerika en Rusland in Saoedi-Arabië. Trump sê hy het die mag om hierdie oorlog te beëindig: