SA begroting uitgestel na 12 Maart

Finansminister Enoch Godongwana het bevestig die 2025 Begroting word op 12 Maart ter tafel gelê na bykomende onderhandelings in die kabinet. Die begroting sou aanvanklik vandag plaasvind maar die regering het besluit om dit uit te stel om tyd toe te laat vir verdere onderhandelings. Godongwana het aan die media gesê die uitstel is ooreenkomstig die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, wat voorsiening maak vir ʼn uitgestelde voorlegging in buitengewone omstandighede.