Ry versigtig, konvooie en prossesies gaan paaie volmaak
Die inspekteur-generaal van NamPol versoek alle motoriste in ‘n verklaring om padreëls te gehoorsaam, terwyl meer verkeer verwag word tydens die routydperk en begrafnis van stigterspresident Sam Nujoma. President Nangolo Mbumba sal Nujoma se oorskot môreoggend om half-ses ontvang, waarna dit na Etunda gevlieg sal word om die streektoer te begin. Die optog van sy oorskot in Windhoek vind op 27 Februarie plaas en die finale roete sal vooraf aangekondig word. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi gesels, wat meer inligting gee.