Oekraïne: VSA stel span saam

Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê toegewings sal aan alle kante gemaak moet word om die oorlog tussen Rusland en Oekraïne te beëindig. Hy het gister in Saoedi-Arabië met senior Russiese amptenare vergader om te begin onderhandel om bande te versterk en die oorlog te beëindig. Rubio sê ʼn raamwerk is vasgestel wat die aanstelling van ʼn hoëvlakspan van Amerika insluit om te help onderhandel en deur die einde van die konflik te werk: