Kenia 3de grootste blomme-uitvoerder per lug ter wêreld

Kenia is die derde grootste uitvoerder van blomme wat per lug vervoer word, met Ethiopië in die vierde plek. Colombia en Ecuador is steeds voor. Kenia se aandeel het volgens die Internasionale Lugvervoervereniging byna verdubbel tot 16,1-persent, wat Afrika se groeiende rol in die wêreldwye blommebedryf onderstreep. Die vereniging sê die wêreldwye handel in blomme het van 15-miljard-rand in 2003 gegroei tot 67-miljard-rand in 2024. Die vereniging wys daarop dat verbeterde handelsooreenkomste en lugvraglogistiek uitvoere van ontwikkelende lande ‘n hupstoot gegee het.