Hier’s die jongste inligting oor Nujoma- begrafnisreëlings

Die inligtingministerie het ‘n inligtingsessie aangebied oor die begrafnisreëlings vir stigterpresident Sam Nujoma, waar inligtingminister Emma Theofelus opdaterings gegee het. Sy het bevestig dat vandag se gedenkdiens by die Nujoma-woning die laaste sal wees. Sy het ook uitgeklaar dat 28 Februarie, wanneer die Khomas-streek se gedenkdiens in die Onafhanklikheidstadion plaasvind, nie ‘n openbare vakansiedag is nie. Theofelus het meer.