AU-beraad had geen oplossing vir konflikte nie
Die politieke ontleder Kenneth Mokgathle sê die onlangse beraad van die Afrika-unie het nie met enige oplossing of ingryping vorendag gekom vir lande waarin konflikte heers nie. In die Demokratiese Republiek die Kongo het die M23-rebelle die stede Goma en Bukavu oorgeneem en baie mense is tydens die gevegte dood. Mokgathle sê daar is ook ‘n krisis in Soedan waar miljoene mense steeds gedood, beseer en ontheem word.