Afriforum soek deursigtigheid oor soldate in DRK
AfriForum dring aan op deursigtigheid na aantygings dat president Cyril Ramaphosa die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag vir persoonlike en politieke gewin gebruik het. Dit volg op die dood van 14 soldate in gevegte met M23-rebelle in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Jacques Broodryk van AfriForum sê die beskuldings dui skynbaar aan dat soldate nie na die DRK gestuur is vir streeksbestendigheid of nasionale beveiliging nie, maar om die finansiële belange van die elite met politieke bande te beskerm.