Beskerm Oekraïne se soewereiniteit: Keir Starmer

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê Amerikaanse steun is die enigste weg na vrede in Oekraïne en enigste manier om te keer dat Rusland weer sy buurland aanval. Hy was deel van ʼn vergadering van Europese leiers in Parys. Hulle het bekommernisse bespreek oor die Trump-administrasie se besluit om vredesonderhandelinge met Rusland aan te gaan, wat vandag sonder Oekraïne in Saoedi-Arabië begin. Starmer sê enige vredesooreenkoms vir Oekraïne moet sy soewereiniteit beskerm.