Andrada verskeep eerste petalietkonsentraat-monster
Andrada Mining het aangekondig dat hy sy eerste petalietkonsentraat grootmaat-monster gaan verskeep. ‘n Vier ton monster uit Andrada se Uis-myn sal van Walvisbaai vertrek na Japan vir toetse deur ‘n potensiële koper. Petaliet, ‘n mineraal wat litium bevat, is gesog vir batterytegnologie en industriële toepassings. Die maatskappy sê dit is nog positiewe stap om ‘n aanbodooreenkoms te verkry. Dit kom na die maatskappy onlangs ‘n ses-maande 48 miljoen Namibiese dollar-befondsingsfasiliteit van LC Abelheim Limited gekry het om ‘n tweede tinverwerkingsaanleg by Uis te bou.