Pensioenaris bedrieg, amper N$50 000 gesteel
Nog ‘n pensioenaris is gevang in ‘n slenter. Die Namibiese polisie sê ‘n vrou, 72, is geskakel deur iemand wat hulle voorgedoen het as ‘n werknemer van MTC en haar meegedeel het dat sy geld gewen het. Sy het haar bankbesonderhede gedeel en 49 810 Namibiese dollar is gesteel. Die polisie ondersoek duur voort.