Eskom verkryging moet moderniseer word

Die ANC se parlementêre koukus doen ‘n beroep op Eskom om nou saam te werk met die Openbare Verkrygingskantoor van die Nasionale Tesourie om hulle verkrygingspraktyke te moderniseer kragtens die Wetsontwerp op Verkryging. ‘n ANC lid van die Parlement Gijimani Skosana sê die Spesiale Ondersoekeenheid se bevindings lê skokkende verraad bloot teen die Suid-Afrikaanse publiek, met Eskom-werknemers wat opsetlik hulle posisie misbruik vir persoonlike gewin. Hy sê die diefstal van meer as 1 miljard Suid-Afrikaanse rand is ‘n bewys van ‘n skaamtelose verontagsaming van aanspreeklikheid en etiese gedrag: