Efundja dalk op pad in die Noorde

Normale tot bo-normale reënval is vir die noordelike streke voorspel. Die Namibiese Hidrologiese Diens beveel aan dat planne vir vloedrisiko’s geaktiveer word, veral in die weste van die Cuvelai-opvangsgebied en die noordelike deel van die Kunene-streek. Daar word verwag dat water van die Cuvelairivier-gebied in Angola, bekend as efundja, die gebiede sal bereik. Dit bring babers en klein vissies wat gedroog word en as kapenda bekendstaan, maar kan ook huise en besighede oorstroom, en paaie verniel. Leonard Hango, die senior hidroloog in die landbouministerie, gesels oor of dit efundja-tyd is.