Diaz-windplaas kry essensiële toerusting

Diaz-windplaas wat sedert 2023 deur InnoVent in die Sperrgebiet-omgewing naby Lüderitz gebou word, beweeg vorentoe. Oor die naweek het toerusting, asook vir die turbines, by die Lüderitz-hawe aangekom. Die windplaas-projek behoort aan NamPower, en die operasionele windplaas by die dorp is ook deur InnoVent gebou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die burgemeester van Lüderitz, Phill Balhao, wat opgewonde is oor die ontwikkelings.