Chileen vat LIV Adelaide title
Joaquin Niemann van Chile het met ‘n sewe-onder-baansyfer finale rondte van 65, die LIV Golf Adelaide titel in Australië verower. Die 26-jarige het die toernooi met 13-onder-baansyfer voltooi, drie houe voor die twee Meksikane Abraham Ancer en Carlos Ortiz. David Puig van Spanje was vierde, vier houe agter die wenner, en Engeland se Richard Bland een hou verder terug. Niemann, wat nou al drie LIV Golf titels ingepalm het, sê sy doelwit is nou om een van die major-toernooie te wen: