Binnelandse sake maak regstelling oor Chinese visums
Daar is foutief berig oor die kwytskelding van visums aan Chinese besoekers na Namibië. Kabinet het in werklikheid opdrag gegee dat die ooreenkoms geformaliseer moet word. Die woordvoerder van binnelandse sake, Margaret Kalo sê verder dit is net vir diplomatieke paspoort-houers.