Williams spog met nuwe F1-motorFebruary 16, 2025
Williams is die jongste span wat hulle 2025 F1-motor, die FW47, by Silverstone in Brittanje onthul het. Die geleentheid was die openbare debuut van die span se hoëprofiel jaers, Carlos Sainz en Alex Albon. Sainz, voorheen van Ferrari, het Vrydag die eerste ronde in die nuwe mondering afgelê. Hy sê hy is tevrede met sy aanvanklike ondervinding agter die stuur. Williams se spanleier James Vowles beskryf die FW47 as ‘n evolusie van verlede seisoen se motor.