VSA se Rubio besoek Israel
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het laat Saterdag in Israel aangekom op sy eerste besoek na die Midde-Ooste. Sy besoek volg op president Donald Trump se omstrede voorstel dat Palestyne in Gaza in Egipte en Jordanië hervestig moet word. Ná ‘n onlangse ontmoeting met die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Trump voorgestel dat Amerika beheer van Gaza moet oorneem en as ‘n riviera ontwikkel. Volgens die Amerikaanse departement van buitelandse sake is Gaza een van die gesprekspunte op Rubio se agenda tydens sy besoek aan Israel.